Max Verstappen | |
---|---|
Verstappen tydens die 2024 Nederlandse Grand Prix
| |
Geboortedatum | 30 September 1997 |
Geboorteplek | Hasselt, België |
Volle naam | Max Emilian Verstappen |
Nasionaliteit | Nederlander |
Ou span(ne) | Toro Rosso (2015–2016) |
Span in 2024 | Red Bull Racing-Honda RBPT |
Motornommer | 1 |
Inskrywings | 206 (206 begin) |
Kampioenskappe | 3 (2021, 2022, 2023) |
Oorwinnings | 62 |
Podiums | 111 |
Loopbaanpunte | 2979.5 |
Voorste wegspronge | 40 |
Vinnigste rondtes | 32 |
Eerste F1-wedren | 2015 Australiese Grand Prix |
Eerste wen | 2016 Spaanse Grand Prix |
Laaste wen | 2024 São Paulo Grand Prix |
Laaste inskrywing | 2024 São Paulo Grand Prix |
Laaste seisoen | 2023 |
Verlede jaar plek | 1ste (575 punte) |
Handtekening |
Max Verstappen (gebore 30 September 1997) is 'n Belgies-Nederlandse professionele motorrenjaer[1][2] wat vir die Red Bull-span in Formule Een Grands Prix jaag. Hy is die seun van oud-Formule 1-renjaer Jos Verstappen.
In 2021 is hy as wêreldkampioen gekroon nadat hy 10 wedrenne, twee meer as die heersende kampioen, Lewis Hamilton, gewen het. Hy het in 2022 en ook in 2023 skoonskip gemaak en is saam met sy span, Red Bull Racing, weer as kampioene gekroon.